價格:免費
更新日期:2017-07-05
檔案大小:15M
目前版本:1.0.1
版本需求:Android 4.1 以上版本
官方網站:http://www.freeparksa.co.za
Email:thinuspool@hotmail.com
聯絡地址:隱私權政策
Die behoefte is geïdentifiseer vir alternatiewe betaalmetodes van parkeerkaartjies. Ons het besluit om hierdie probleem aan te spreek en 'n moontlike oplossing daarvoor te vind. Omrede selfoontegnologie so goed ontwikkel is en selfone so algemeen in gebruik is, het ons besluit dat 'n selfoon toep ontwikkel kan word om dié behoefte aan te spreek.
'n Kort beskrywing van die idee: 'n Toep: Free Park, wat vir die individuele gebruiker gratis beskikbaar is en hom / haar in staat stel om met minimale moeite die koste van parkering vry te spring en gratis te kan parkeer. Dit kan by enige parkeerruimte gebruik word, onder andere lughawens, treinstasies, winkelsentrums, hospitale, ensovoorts. Dit vergemaklik ook betaling vir parkering indien nodig. 'n Geleentheid vir diensverskaffers en besighede, wat verwant is aan of gevoed word deur die parkeerarea, om sy besigheid of produk, met behulp van die toep, aan die parkeerareagebruiker te bemark. 'n Geleentheid van die toepontwikkelaar om 'n inkomste te verdien.
Hoe werk die idee: Die toep word gratis deur die verbruiker op sy slim foon afgelaai. Hy word die opsie gebied om te selekteer watter tipe bemarkingsmateriaal hy wil ontvang. Bemarking kos enige besigheid baie geld en dit is belangrik dat dit effektief gedoen word. Deur FreePark kan enige besigheid/diensverskaffer homself nou bemark, direk aan die verbruiker-intekenaar en sodoende inligting waarin die gebruiker belangstel, nuus, spesiale aanbiedinge ensovoorts doeltreffend aan die verbruiker kommunikeer op sy selfoon. Met behulp van die bestaande "location" funksie op die gebruiker se selfoon, kan FreePark presies bepaal waar 'n intekenaar beweeg nadat hy by die parkeerruimte aangekom het. Relevante bemarkingsmateriaal van spesifieke besighede/ diensverskaffers in die sentrum of nabye omgewing kan nou aan die gebruiker gestuur word. 2 Die besighede, waar die gebruiker aan die minimum verwagting voldoen het, betaal dan vir die persoon se parkering. Die verwagting kan wissel ván 'n besoek aan die spesifieke winkel, die spandeer van 'n minimum bedrag, 'n like" en "share" op Facebook, die gebruik van die besigheid se diens, en dies meer. Indien die gebruiker nie aan die bemarkingsgedeelte wil deelneem nie kan hy ook met behulp van die toep betaal vir sy parkering sonder om aan te doen by betaalpunte. Dit gaan baie makliker wees as om met kleingeld en kaartjies te sukkel oppad kar toe. Verder kan die verbruiker inligting bekom oor die ligging van besighede en diensverskaffers wat verwant is aan die parkeerarea.